uiter [boodskap #138575] |
Wed, 15 December 2021 09:46 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
uiter
Afbreking: ui•ter
Werkwoord: uiter
Verlede tyd: het geuiter
Verlede deelwoord: geuiterde
Betekenis:
• Om 'n geluid te maak of iets hardop te sê; laat hoor.
Gebruik:
• Hy uiter per ongeluk 'n kragwoord en hoop maar niemand het dit gehoor nie.
• Die padda het 'n harde kwaak geuiter.
Sinoniem:
• aankondig
• kwytraak
• noem
• opper
• prewel
• sê
• spreek
• uitblaker
• uitdruk
• uitlaat
• uitroep
• uitskreeu
• uitspreek
• uitskree
• verklaar
Afgelei:
• uiting
Vertaling:
Engels: to utter, voice, express
Nederlands: uiten
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|