versmaai [boodskap #138571] |
Tue, 14 December 2021 12:23 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
versmaai
Afbreking: ver•smaai
Samestelling: ver- + smaai
Werkwoord: versmaai
Verlede tyd: het versmaai
Betekenis:
• Om iets met minagting te verwerp; dit as benede jou te ag.
Gebruik:
• Baie mense versmaai diegene wat hulle probeer help, terwyl hulle opkyk na dié wat geen toegewings maak nie.
Spreekwoord:
• Dis nie te versmaai nie. [Dit moet aangegryp en nie sommer weggewys word nie.]
Wisselvorm:
• versmaad
Sinoniem:
• afkeur
• afwys
• geringskat
• minag
• repudieer
• verag
• verwerp
Afgelei:
• versmaaide
• versmaaier
• versmaaiing
• versmading
Vertaling:
Engels: to despise, treat with contempt
Nederlands: versmaden
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|