Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » eskatologie
eskatologie [boodskap #138569] Tue, 14 December 2021 11:27
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21013
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
eskatologie
Afbreking: es•ka•to•lo•gie


Selfstandige naamwoord: eskatologie
Meervoud: eskatologieë

Betekenis:
• Leer van die voleinding van die wêreld; beskrywing van hoe hierdie wêreld sy einde sal tegemoetloop.

Gebruik:
• 'n Nuwe Aarde is een van die sentrale leerstellings van die Christelike eskatologie.
• Volgens die Joodse eskatologie sal die Tweede Tempel uiteindelik deur 'n Derde Tempel vervang word.

Sinoniem:
• voleindiging

Afgelei:
• eskatologies
• eskatoloog

Vertaling:
Engels: eschatology
Nederlands: eschatologie

Nota:
• Van Griekse τὰ ἔσχατα, ta és-chata, "die laaste dinge", en λόγος, lógos, "woord" en in 'n breëre sin "leer".

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: samesyn
Volgende onderwerp: verjaag
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Jan 10 13:04:58 UTC 2025