| samesyn [boodskap #138568] |
Vr., 10 Desember 2021 18:12 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24061 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
samesyn
Afbreking: sa•me•syn
Selfstandige naamwoord: samesyn
Meervoud: –
Betekenis:
• Toestand van saam met mense te wees; in ander se geselskap verkeer.
Gebruik:
• Oor die hele wêreld is Kersfees 'n tyd van samesyn en niemand wil die feestyd op sy of haar eie deurbring nie.
Sinoniem:
• byeenkoms
• kameraadskap
• samekoms
• saamwees
Vertaling:
Engels: togetherness
Nederlands: samenzijn
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|