Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Toe en nou
Toe en nou [boodskap #15557] Fri, 05 June 1998 00:00 na volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: July 2000
Karma: 0
Senior Lid
Dr SK Matseka skryf in The Sowetan 4/6/98:

Teaching and nursing were regarded in the past as most respected
professions. To be a teacher or a nurse one had to be a role model of
cleanliness, professionalism, dedication, loyalty and passion for work.

Many young men and women, particularly from underprivilidged communities,
looked forward to becoming nurses or teachers.

These two professions enhanced the status, not only of the individuals, but
that of the community as well. Nurses and teachers were like twinkling stars
in the community.

The community was very proud of its teachers and nurses. It was an honour
and a pleasure to be a teacher or a nurse. District nurses who visited homes
for maternity work were a pleasure to watch as they went about their work.

They walked long distances without regular transport, carryining their
maternity bags. They were dedicated and earned very little. We honour them
for what they did.

Those who pretend to know and have just come back to join us and say there
was no nursing in the past, should ask us to rescue them from ignorance.

Hospitals were very clean, repairs were made, linen was readily available
and patients were given the necessary care. People must stop exposing their
ignorance about things they do not know (sien nota 1).

This goes for education too. We who were there gave the best service
expected. Incidentally, most of us knew what to teach (sien nota 2).

We happened to know the difference between education and an education
system. Only those who were not meant to be teachers taught what many people
called Bantu Education. I hated the system and therefore would never allow
my pupils to be poisoned.

Most teachers were role models. Some of them could compare with the best in
the world. These were the teachers who did us proud in producing the
outstanding leaders we have today in our government.

Where today we have such teachers who are as good as those who taught them,
they are unfortunately frustrated.......

The community calls upon teachers and nurses to take heart. We are with
them. We value their services. No government in the world can be respected
fully unless its nursing and teaching professions are of a high standard.

We are aware there is no money, but budgeting for bonusses and
entertainments instead of for health and education is the worst blunder any
country can make.

Nota 1: Verwysing na Dr Zuma se veldtog om "community health services" daar
te stel volgens die Kubaanse model. sy rapporteer in haar verslae die
getalle gemeenskapsklinieke wat sy gebou het. Dit blyk egter dat baie van
die "klinieke" nie meer is as die leë gebou nie - sonder toerusting of
personeel. Terselfdertyd word beweer dat baie van die strukture en mense wat
daar in die verlede was eenvoudig onaktief geraak het - "gerasionaliseer".

Nota 2: Klaarblyklik 'n verwysing na die warboel oor kurrikulum waarin die
land nou al sedert 1994 is. Die wetgewing oor tuisonderwys verklaar,
byvoorbeeld, dat tuisonderwys moet voldoen aan die minimum vereistes van die
kurrikulum in openbare skole en die minimum standaarde van onderwys in
openbare skole. Tens spyte van herhaalde navrae aan nasionale en provinsiale
onderwysstrukture oor die jare kon nie een van hulle my nog 'n aanduiding
gee van wat die minimumvereistes van die kurrikulum en die minimum
standaarde van onderwys in openbare skole is nie.

Opmerkings:

1) Volgens my inligting geniet Dr Matseka hoë aansien in baie swart
onderwyskringe. Hy is glo in 1992 op vroeë pensioen gestuur omdat hy te
uitgesproke was vir die smaak van sy base.

2) Dit lyk my dit is nie net wit Afrikaners wat keelvol raak vir die
voortdurende geskel wat wil beweer dat alles in die verlede boos en sleg was
nie. 'n Gereelde leser van die Sowetan verseker my dat, as dieselfde
opmerkings deur 'n witte gemaak is, dit geen geloofwaardigheid sou hê nie.
Re: Toe en nou [boodskap #15558 is 'n antwoord op boodskap #15557] Fri, 05 June 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2173
Geregistreer: May 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Leendert van Oostrum" writes:

> Dr SK Matseka skryf in The Sowetan 4/6/98:

> We happened to know the difference between education and an education
> system. Only those who were not meant to be teachers taught what many people
> called Bantu Education. I hated the system and therefore would never allow
> my pupils to be poisoned.

En dit Leendert, is iets wat jy moet
probeer begryp. Dwarsdeur die tyd toe
die apartheidsvarke gedink het dat
hulle Bantoe-Onderwys nou die sisteem-
van-die-dag was, het daar onderwys in
die dieptste sin van die woord plaas-
gevind. Dis daarom dat ons vandag swart
denkers en akademici het wat ongeskonde
deur die donker jare gekom het. Ongelukkig
was die nie-blanke skole tydens "Bantoe-
Onderwys" se hoogty teveel vol wittes
wat promosie gesoek het, en is daar 'n
hele klomp Bantoe-onderwys skade aangerig.
Dis vir my een van die grootste skandale
van die apartheidsjare: hoe die skole
skielik volgeloop het van wittes wat
promosie gesoek het. En dis nou die
regime wat wou hê dat die kleure apart
moes wees, dat elke groep op hulle eie
moet ontwikkel.

Gloudina
Re: Toe en nou [boodskap #15559 is 'n antwoord op boodskap #15557] Fri, 05 June 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: July 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net heeft geschreven in bericht
...
> "Leendert van Oostrum" writes:
>
>> Dr SK Matseka skryf in The Sowetan 4/6/98:
>
>
>> We happened to know the difference between education and an education
>> system. Only those who were not meant to be teachers taught what
> many people
>> called Bantu Education. I hated the system and therefore
> would never allow
>> my pupils to be poisoned.
>
> En dit Leendert, is iets wat jy moet
> probeer begryp. Dwarsdeur die tyd toe
> die apartheidsvarke gedink het dat
> hulle Bantoe-Onderwys nou die sisteem-
> van-die-dag was, het daar onderwys in
> die dieptste sin van die woord plaas-
> gevind.

Sweety-pie! Een van die groot gevare daarvan om jou eie etikette te hang aan
ander mense is dat jy naderhand glo dat hulle so dom en oningelig is as wat
jy dink hulle is. Onthou net een ding. Terwyl jy in exile gesit het, het ek
in hierdie land geleef. Saam met al sy mense. En al die etikette wat jy en
jou ewe bevooroordeelde vriende aan my hang verander daar niks aan nie.

So: Don't teach granny to suck eggs, my love!

> Dis daarom dat ons vandag swart
> denkers en akademici het wat ongeskonde
> deur die donker jare gekom het.

En daardie mense is diep gekrenk deur die hoogmoedige "exiles" wat wil
voorgee asof daar net ellende in die land was, wat oor veertig jaar
voordurend aan die toeneem was. Wat voorgee dat hulle nou tot die redding
moet kom van almal in die land, en alle wysheid in pag het.

Dit is waaroor die brief gegaan het, Gloudina. Dit is wat _jy_ moet probeer
begryp.

En alle exiles kan gerus kennis neem.

Allervriendelikste groete, Leendert
Re: Toe en nou [boodskap #15560 is 'n antwoord op boodskap #15557] Fri, 05 June 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: February 1998
Karma: 0
Senior Lid
Leendert van Oostrum skryf:

> Nota 1: Verwysing na Dr Zuma se veldtog om "community health services" daar
> te stel volgens die Kubaanse model. sy rapporteer in haar verslae die
> getalle gemeenskapsklinieke wat sy gebou het. Dit blyk egter dat baie van
> die "klinieke" nie meer is as die leë gebou nie - sonder toerusting of
> personeel.

Heeltemal korrek, Leendert. Soos jy bewus mag wees het die provinsie waarin
ek woon een van die grootste agterstande in gesondheidsdienslewering gehad.
Sedert 1994 is hier klinieke teen 'n geweldige tempo gebou, dikwels ten
koste van onderhoud en opgradering van hospitale. Baie van hierdie klinieke
staan nou inderdaad leeg, weens sekuriteitsprobleme. Die personeel is so
geïntimideer en aangerand deur skurke, dat hulle padgegee het.

By ons plaaslike hospitaal is 'n private sekuritietsdiens gehuur. Bedags is
daar 6 wagte aan diens by die hek, maar in die middel van die nag sien jy
niemand nie. Logies, nê?

> Nota 2: Klaarblyklik 'n verwysing na die warboel oor kurrikulum waarin die
> land nou al sedert 1994 is.

Ek dink nie jy verwys heeltemal daarna nie, maar ek wil net kortliks
Kurrikulum 2005 aanraak.

My seuntjie is vanjaar in Graad 1, en hulle is die eerste groep wat daarmee
begin. Sy onderwyseres, sowel as hulle departementshoof het verlede jaar die
kursus daaroor bygewoon, en verklaar dat die onderrigmetodes in wese niks
verskil van wat hulle nog altyd toegepas het nie.

'n Goeie vriend van my se vrou is die hoof van 'n kleuterskoool, en sy en
haar adjunk het 'n soortgelyke kursus bygewoon, enverklaar dieselfde.

So 2 weke gelede het 'n paar swart kindertuin onderwyseresse hier kom kyk
hoe dit gedoen word. Hulle was verstom dat gr. 1's na 5 maande feitlik vlot
kan lees. Toe die onderwyseres woordherkenning deur middel van flitskaarte
vir hulle demonstreer, het hul hoof opgemerk 'but we didn't receive th�t',
verwysende na die flitskaarte. Nodeloos om te sê, hulle was erg
geëmbaresseer toe die onderwyseres hulle daarop wys dat sy self die
flitskaarte maak!

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: Toe en nou [boodskap #15583 is 'n antwoord op boodskap #15557] Sat, 06 June 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: July 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...

> Ongelukkig
> was die nie-blanke skole tydens "Bantoe-
> Onderwys" se hoogty teveel vol wittes
> wat promosie gesoek het, en is daar 'n
> hele klomp Bantoe-onderwys skade aangerig.
> Dis vir my een van die grootste skandale
> van die apartheidsjare: hoe die skole
> skielik volgeloop het van wittes wat
> promosie gesoek het.

Hoeveel swart en wit onderwysers en onderwysbestuurders was daar
onderkeidelik toe "Bantoe-onderwys" begin het, Gloudina, en wat was die
verspreiding in die verskillende posvlakke?

En hoeveel was daar van elke soort en hoe was hulle versprei toe dit
ge-eindig het?

Ek hoop jy sal hierdie keer die moed van jou oortuiging hê om jou wilde en
subjektiewe bewerings met 'n paar feite te ondersteun.

(Ek dink ek moet 'n register opstel van al die vrae wat jy onbeantwoord
laat. Miskien kan mens dit maandeliks plaas: "Gloudina se woordeboek van
wilde beweringe".)

Vriendelike groete, Leendert
Re: Toe en nou [boodskap #15584 is 'n antwoord op boodskap #15557] Sat, 06 June 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: February 1998
Karma: 0
Senior Lid
Leendert van Oostrum skryf:

> (Dis nou benewens my ernstige besware teen woordherkenning - "whole
> language" as onderrigmetode. Maar daaroor het ek al op die NG kommentaar
> gelewer :-)

Dit was ongelukkig voor ek my kop in hierdie bynes gewaag het, Leendert, so
ek is nie bewus van jou besware nie.

Buitendien staan dit buite my opleidingsveld. Ek praat bloot van wat ek saam
met my eie, asook vriende se kinders ervaar. Vir my lyk dit asof hulle
vroeër kan lees as wat ons kon. Miskien is hulle slimmer, of word hulle
vroeër blootgestel, ek weet nie.

Ek moet bysê dat hulle nie woordherkenning as enigste metode gebruik nie,
maar tog geleer word om terug te val op die klank-metode.

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: Toe en nou [boodskap #15585 is 'n antwoord op boodskap #15557] Sat, 06 June 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
IRQ0  is tans af-lyn  IRQ0
Boodskappe: 52
Geregistreer: May 1998
Karma: 0
Volle Lid
@igs.net wrote in message ...
> En dit Leendert, is iets wat jy moet
> probeer begryp. Dwarsdeur die tyd toe
> die apartheidsvarke gedink het dat
> hulle Bantoe-Onderwys nou die sisteem-
> van-die-dag was, het daar onderwys in
> die dieptste sin van die woord plaas-
> gevind. Dis daarom dat ons vandag swart
> denkers en akademici het wat ongeskonde
> deur die donker jare gekom het. Ongelukkig

Jou punt? As die onderwys so swak was, waar kom die akademici
vandaan?

> was die nie-blanke skole tydens "Bantoe-
> Onderwys" se hoogty teveel vol wittes
> wat promosie gesoek het, en is daar 'n
> hele klomp Bantoe-onderwys skade aangerig.

Vandag is die skole vol van nie-blanke onderwysers wat nie weet hoe om
onderig te gee nie. Kyk na die dalende syfers van die matrikulante.

> Dis vir my een van die grootste skandale
> van die apartheidsjare: hoe die skole
> skielik volgeloop het van wittes wat
> promosie gesoek het. En dis nou die

Hmmmm ja hier sal ek saamstem.
> regime wat wou hê dat die kleure apart
> moes wees, dat elke groep op hulle eie
> moet ontwikkel.
>
> Gloudina
>
>
- --
Neels
Re: Toe en nou [boodskap #15586 is 'n antwoord op boodskap #15557] Sat, 06 June 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: July 2000
Karma: 0
Senior Lid
Henri Burger wrote in message ...

> So 2 weke gelede het 'n paar swart kindertuin onderwyseresse hier kom kyk
> hoe dit gedoen word. Hulle was verstom dat gr. 1's na 5 maande feitlik vlot
> kan lees. Toe die onderwyseres woordherkenning deur middel van flitskaarte
> vir hulle demonstreer, het hul hoof opgemerk 'but we didn't receive thát',
> verwysende na die flitskaarte. Nodeloos om te sê, hulle was erg
> geëmbaresseer toe die onderwyseres hulle daarop wys dat sy self die
> flitskaarte maak!

Hmmm..... Ek kan tot vervelens toe daarop uitbrei met voorbeelde uit my
ervaring, maar ek dink die "ikoon" wat jy hier voorhou sê dit alles :-)

(Dis nou benewens my ernstige besware teen woordherkenning - "whole
language" as onderrigmetode. Maar daaroor het ek al op die NG kommentaar
gelewer :-)

Groete, Leendert
Re: Toe en nou [boodskap #15612 is 'n antwoord op boodskap #15557] Sun, 07 June 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: February 1998
Karma: 0
Senior Lid
Leendert van Oostrum

> Maar by kinders wat groot dele van die dag in kleuterskole was het ek my
> bedenkinge
> oor die emosionele en sosiale ontwikkeling - en, as mens na party van die
> literatuur
> kyk, ook die intellektuele ontwikkeling.

Waaroor het jy bedenkinge, Leendert, en verwys jy na kleuterskole in die
algemeen? Dit lyk vir my of 'n mens 'n duidelike onderskeid moet tref tussen
'kleuterskool' en 'bewaarskool', dws of daar 'n duidelik gestruktureerde
program gevolg word, en of dit 'n plek is waar kleuters bloot bly terwyl hul
ouers werk, en 'onderrig' 'n bykomstigheid is.

Plaaslik het hier oor die afgelope paar jaar 'n hele aantal 'kleuterskole'
oopgemaak, maar wanneer dit kom by deelname aan ons Eisteddfod, is daar net
twee wat deelneem (een Afrikaans, een Engels). Dit lyk dus vir my of 'n mens
moet ondersky.

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: Toe en nou [boodskap #15636 is 'n antwoord op boodskap #15557] Mon, 08 June 1998 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: July 2000
Karma: 0
Senior Lid
Henri Burger wrote in message ...
>
> Leendert van Oostrum
>
>> Maar by kinders wat groot dele van die dag in kleuterskole was het ek my
>> bedenkinge
>> oor die emosionele en sosiale ontwikkeling - en, as mens na party van die
>> literatuur
>> kyk, ook die intellektuele ontwikkeling.
>
> Waaroor het jy bedenkinge, Leendert, en verwys jy na kleuterskole in die
> algemeen? Dit lyk vir my of 'n mens 'n duidelike onderskeid moet tref tussen
> 'kleuterskool' en 'bewaarskool', dws of daar 'n duidelik gestruktureerde
> program gevolg word, en of dit 'n plek is waar kleuters bloot bly terwyl hul
> ouers werk, en 'onderrig' 'n bykomstigheid is.

Ek stem saam. Met moet onderskei tussen die twee. (Ook om 'n ander
interessante rede: Mens kan hier duidelik die verskil sien tussen twee
belangrike funksies van die skool - die onderwysfunksie en die
"warehousing"-funksie. Laasgenoemde om kinders op ys te hou sodat die ouers
beskikbaar is vir ander samelewingsfunksies. By skole vir kinders van
skoolpligtige ouderdom vervaag die verskil, maar die "warehousing" funksie
word nie minder belangrik nie, net verswyg.)

>
> Plaaslik het hier oor die afgelope paar jaar 'n hele aantal 'kleuterskole'
> oopgemaak, maar wanneer dit kom by deelname aan ons Eisteddfod, is daar net
> twee wat deelneem (een Afrikaans, een Engels). Dit lyk dus vir my of 'n mens
> moet ondersky.

Stem. Mens moet onderskei. Maar heelwat navorsing wat in ander lande gedoen
is kom tot die slotsom dat die beste kleuterskole darem nie slegter is as
versorging (ook op die gebied van fisiese en intellektuele stimulasie) deur
ouers nie. Behalwe in die heel beste kleuterskole (minder as 1%), vind
navorsers ('n groot aantal ondersoeke in verskeie lande) dinge soos:

Kinders in kleuterskole stel minder vrae as kinders wat by die moeder is.

Die vrae wat kinders in kleuterskole stel is hoofsaaklik prosedureel van
aard (mag ek die kamer verlaat, hoekom kry Willie die rooi klei?) terwyl
kinders wat by die moeder is veel meer ondersoekende vrae vra (hoekom is die
lug blou, waar gaan die pap heen as ek dit ge-eet het?)

Die onderwyseresse gebruik minder komplekse taal met die kinders as moeders
(die taal stel nie eise aan die kind se begrip nie).

Onderwyseresse gebruik minder komplekse taal met kinders uit die werkersklas
en met dogters as met kinders uit die middelklas en seuns.

Die tendens word voortgesit, ook wanneer kinders skoolpligouderdom bereik.
Vir meer, kyk hoofstuk 2 van my verhandeling oor die onderwerp by
http://hagar.up.ac.za/buro/leendert/tuisndks.html

Groete, Leendert
Vorige onderwerp: Goeiedag swemmers !
Volgende onderwerp: Corne Mulder se toespraak
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Mon Dec 23 10:28:09 UTC 2024