stysel [boodskap #138542] |
Sat, 04 December 2021 10:28 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
stysel
Afbreking: sty•sel
Selfstandige naamwoord: stysel
Meervoud: stysels
Verkleinwoord: styseltjie
Meervoud van verkleining: styseltjies
Betekenis:
• Kossoorte soos aartappels, koring, mielies en rys.
• Bindmiddel van meel om kos te verdik of linne styf te maak.
• (biologie) Stof wat uit lang kettings van glukosemolekules bestaan.
Gebruik:
• Te veel stysel maak 'n mens vet.
• Die hemde word gestryk en die boordjies word in stysel gedoop.
• Plante stoor die glukose wat tydens fotosintese gevorm word as stysel omdat dit nie oplosbaar is nie.
Afgelei:
• ontstysel
• styselagtig
• styselfabriek
• styselglans
• styselkos
• styselkwas
• styselpap
• styselwater
Vertaling:
Engels: starch, amylum
Nederlands: zetmeel, stijfsel
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|