produseerder [boodskap #138540] |
Sat, 04 December 2021 09:55 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
produseerder
Afbreking: pro•du•seer•der
Samestelling: produseer + -der
Selfstandige naamwoord: produseerder
Meervoud: produseerders
Verkleinwoord: produseerdertjie
Meervoud van verkleining: produseerdertjies
Betekenis:
• Persoon of organisasie wat goedere produseer.
• (biologie) Organisme wat sy eie voedsel vervaardig (soos groen plante).
Gebruik:
• Die plaas is 'n groot produseerder van papajas vir die uitvoermark.
• Die produseerders vorm die basis van die energie-piramide, omdat hulle as 'n groep die meeste weeg en die meeste energie besit.
Sinoniem:
• produsent
Vertaling:
Engels: producer
Nederlands: producent
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|