patogeen [boodskap #138538] |
Sat, 04 December 2021 09:15 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
patogeen
Afbreking: pa•to•geen
Selfstandige naamwoord: patogeen
Meervoud: patogene
Betekenis:
• Mikro-organisme wat siekte veroorsaak; 'n biologiese agent wat siektes in sy gasheer verwek.
Gebruik:
• Sommige virusse, bakterieë, skimmels en eensellige organismes soos die malariaparasiet is patogene.
Sinoniem:
• siektekiem
• siekteverwekker
Afgelei:
• patogenies
Vertaling:
Engels: pathogen
Nederlands: pathogeen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|