bioties [boodskap #138512] |
Tue, 30 November 2021 15:18 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
bioties
Afbreking: bi•o•ties
Byvoeglike naamwoord: bioties
Attributief: biotiese
Betekenis:
• Met betrekking tot, of vervaardig deur lewende organismes (in 'n biotoop).
Gebruik:
• Fossielbrandstowwe soos steenkool en petrol word ook as bioties geklassifiseer, omdat hulle deur verrotte organiese stowwe gevorm is.
Sinoniem:
• lewend
• lewenskragtig
Antoniem:
• abioties
Afgelei:
• antibioties
• makrobioties
• probioties
• simbioties
Verwant:
• biotika
Vertaling:
Engels: biotic
Nederlands: biotisch
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|