koorsang [boodskap #138496] |
Sun, 28 November 2021 19:37 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
koorsang
Afbreking: koor•sang
Samestelling: koor + sang
Selfstandige naamwoord: koorsang
Meervoud: koorsange
Betekenis:
• Die gesang van 'n groep mense wat harmonies saam sing.
Gebruik:
• Koorsang ontwikkel selfdissipline en bevorder intellektuele ontwikkeling, maar skep ook geleentheid vir sosialisering en ontspanning.
Sinoniem:
• koorgesang
• koraalgesang
• samesang
Hiponiem:
• koraal
• rei
Verwant:
• koorgalery
• koorknaap
• koorleier
• koorlid
• koordirigent
• koorsanger
• koorsangeres
Vertaling:
Engels: choral song
Nederlands: koorzang
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|