bevestiging [boodskap #138484] |
Sat, 27 November 2021 11:24 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
bevestiging
Afbreking: be•ves•ti•ging
Samestelling: bevestig + -ing
Selfstandige naamwoord: bevestiging
Meervoud: bevestiginge, bevestigings
Betekenis:
• Die handeling om erkenning, goedkeuring of bekragtiging te soek of gee.
• Die handeling om iets aan iets anders vas te sit.
Gebruik:
• Die leeraar is in die gemeente bevestig.
• Die hek word aan die paal bevestig.
Sinoniem:
• bekragtiging
• instemming
• onderskrywing
• ratifikasie
• verifiëring
• verifikasie
• hegting
• vassetting
Afgelei:
• bevestigingsplegtigheid
• herbevestiging
• huweliksbevestiging
• selfbevestiging
• stambevestiging
Vertaling:
Engels: confirmation, affirmation
Nederlands: bevestiging
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|