afloer [boodskap #138481] |
Fri, 26 November 2021 18:14 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
afloer
Afbreking: af•loer
Samestelling: af + loer
Werkwoord: loer af, afloer
Verlede tyd: het afgeloer
Betekenis:
• Om skelm en ongesiens te kyk wat iemand anders doen.
Gebruik:
• Doen jou eie werk en moenie by jou maatjie afloer nie.
Sinoniem:
• aanblik
• aanskou
• afkyk
• bekyk
• beloer
• bespied
• dophou
• koekeloer
• loer
• spioeneer
• staar
Afgelei:
• afloerder
• afloerdery
Vertaling:
Engels: to watch, spy on
Nederlands: afloeren
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|