vatterig [boodskap #138476] |
Wed, 24 November 2021 18:58 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
vatterig
Afbreking: vat•te•rig
Samestelling: vat + -terig
Byvoeglike naamwoord: vatterig
Vergrotende trap: vatteriger
Oortreffende trap: vatterigste
Attributief: vatterige
Betekenis:
• Wat graag aan mense en/of dinge vat.
Gebruik:
• 'n Mens kan nie op die eerste afspraak al vatterig en soenerig raak nie.
Sinoniem:
• klouerig
• voelerig
Afgelei:
• vatterigheid
Vertaling:
Engels: cuddly, over‐free
Nederlands: knuffelig
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|