porie [boodskap #138470] |
Wed, 24 November 2021 10:41 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
porie
Afbreking: po•rie
Selfstandige naamwoord: porie
Meervoud: porieë
Verkleinwoord: porietjie
Meervoud van verkleining: porietjies
Betekenis:
• 'n Baie klein gaatjie (waardeur vloeistof of gas kan filtreer).
Gebruik:
• 'n Huidmondjie is 'n porie op die epidermis van 'n blaar met twee sluitselle, wat vir gasuitruiling gebruik word.
Afgelei:
• asemhalingsporie
• sifporie
• sweetporie
• waterporie
Verwant:
• poreus
• poreusheid
• porositeit
Vertaling:
Engels: pore
Nederlands: porie
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|