maniak [boodskap #138464] |
Tue, 23 November 2021 10:26 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
maniak
Afbreking: ma•ni•ak
Selfstandige naamwoord: maniak
Meervoud: maniakke
Verkleinwoord: maniakkie
Meervoud van verkleining: maniakkies
Betekenis:
• 'n Mal mens; persoon met 'n manie, veral 'n kranksinnige met 'n patologiese obsessie.
Gebruik:
• Die man jaag soos 'n maniak in die straat af.
Sinoniem:
• berserker
• besetene
• geesteskranke
• gek
• kranksinnige
• malle
• malmens
• psigopaat
• sielsieke
• waansinnige
Afgelei:
• godsdiensmaniak
• seksmaniak
Verwant:
• maniakaal
Vertaling:
Engels: maniac, obsessive, fanatic
Nederlands: maniak
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|