menigte [boodskap #138463] |
Tue, 23 November 2021 09:19 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
menigte
Afbreking: me•nig•te
Selfstandige naamwoord: menigte
Meervoud: menigtes
Betekenis:
• 'n Groot groep mense dig bymekaar.
• 'n Groot hoeveelheid dinge saam.
Gebruik:
• Die Krugerwildtuin en omliggende reservate lok jaarliks 'n menigte besoekers.
• Sneeu bestaan uit 'n menigte sneeuvlokkies wat uit die wolke val.
Sinoniem:
• aantal
• horde
• kaskade
• mag der menigte
• massa
• oorvloed
• see
• skare
• swetterjoel
• talle
• toeloop
• trop
• vloed
Afgelei:
• feesmenigte
• volksmenigte
Vertaling:
Engels: crowd; multitude, abundance
Nederlands: menigte
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|