steurnis [boodskap #138459] |
Mon, 22 November 2021 13:37 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
steurnis
Afbreking: steur•nis
Samestelling: steur + -nis
Selfstandige naamwoord: steurnis
Meervoud: steurnisse
Verkleinwoord: steurnissie
Meervoud van verkleining: steurnissies
Betekenis:
• Iets wat 'n mens steur/ontstig (soos 'n geraas wat hinder).
• 'n Aandoening wat die normale gang van sake bemoeilik.
Gebruik:
• Die honde wat so aanhoudend blaf is 'n groot steurnis.
• Die pasiënt is met 'n obsessief-kompulsiewe steurnis gediagnoseer.
Wisselvorm:
• stoornis
Sinoniem:
• hindernis
• interferensie
• oorlas
• versteuring
Vertaling:
Engels: disturbance, nuisance, intrusion
Nederlands: stoornis
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|