sagkens [boodskap #138450] |
Sun, 21 November 2021 11:04 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
sagkens
Afbreking: sag•kens
Bywoord: sagkens
Betekenis:
• Versigtig en sonder 'n lawaai.
• Met liefde en sorg.
Gebruik:
• Hy maak die deur sagkens oop.
• Die meisie se pa lê haar sagkens op haar bedjie neer.
Sinoniem:
• delikaat
• liefderik
• liggies
• saggies
• strelend
• versigtig
• teer
Vertaling:
Engels: gently, softly, quietly
Nederlands: zachtjes, voorzichtig
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|