Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » waan
waan [boodskap #138448] So., 21 November 2021 10:07
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24274
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
waan
Afbreking: waan


Selfstandige naamwoord: waan
Meervoud: wane
Verkleinwoord: waantjie
Meervoud van verkleining: waantjies

Betekenis:
• 'n Foutiewe oortuiging of ongegronde interpretasie van die werklikheid.

Gebruik:
• Die onduidelike testament bring hom onder die waan dat hy ryk geërf het.

Sinoniem:
• aanstellery
• denkbeeld
• drogbeeld
• dwaalpad
• dwaling
• fantasie
• hallusinasie
• hersenskim
• illusie
• misverstand
• sinsbedrog
• sinsbegogeling
• versinsel
• wanbegrip
• wanopvatting

Antoniem:
• realiteit
• werklikheid

Hiponiem:
• argwaan
• eiewaan
• grootheidswaan
• hoogheidswaan
• hoogmoedswaan
• kleinheidswaan
• rassewaan
• reukwaan
• vergiftigingswaan

Afgelei:
• waanbeeld
• waanbegrip
• waangdagte
• waangeloof
• waanidee
• waansin
• waanvoorstelling
• waanwys
• waanwysheid

Vertaling:
Engels: delusion, illusion, hallucination
Nederlands: waan


Werkwoord: waan
Verlede tyd: het gewaan
Teenwoordige deelwoord: wanende
Verlede deelwoord: gewaande

Betekenis:
• Om 'n verkeerde persepsie van die werklikheid te hê.

Gebruik:
• Hy is duidelik nie die handperd wat sy baas hom gewaan het nie.

Sinoniem:
• hallusineer
• fantaseer
• verbeel

Vertaling:
Engels: to imagine, fancy, think
Nederlands: wanen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: hoofartikel
Volgende onderwerp: singenot
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo. Jan. 07 08:38:53 UTC 2026