infleksie [boodskap #138445] |
Sat, 20 November 2021 11:05 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
infleksie
Afbreking: in•flek•sie
Selfstandige naamwoord: infleksie
Meervoud: infleksies
Betekenis:
• 'n Buiging of verbuiging van iets.
• (taalkunde) Die verbuiging van 'n woord om 'n nuwe woord te vorm.
• (drama) Verandering in toonhoogte; hoe die stem op of af beweeg om betekenis oor te dra.
Gebruik:
• Bepaal die koördinate by die kurwe se punt van infleksie.
• Die woord "geslaap" in 'n infeksie van "slaap", wat die verlede tyd aandui.
• Die akteur se voordrag was monotoon en sonder voldoende infleksie.
Sinoniem:
• inbuiging
• kadans
• spreektrant
• spreekwyse
• stembuiging
• stemval
• stemverandering
• toon
• toonaard
Afgelei:
• infleksieloos
• infleksiepunt
• infleksieuitgang
• infleksievorm
Vertaling:
Engels: inflection, cadence, modulation
Nederlands: stembuiging
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|