gaffel [boodskap #138442] |
Sat, 20 November 2021 07:53 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
gaffel
Afbreking: gaf•fel
Selfstandige naamwoord: gaffel
Meervoud: gaffels
Verkleinwoord: gaffeltjie
Meervoud van verkleining: gaffeltjies
Betekenis:
• 'n Vurk met twee (soms meer) tande, of iets met so 'n vorm.
Gebruik:
• Gebruik die gaffel om die hooi op die wa te gooi.
Afgelei:
• gaffelbok
• gaffelhout
• gaffelseil
• gaffelsplitsing
• gaffelvormig
• hooigaffel
Vertaling:
Engels: pitch fork, prong
Nederlands: gaffel
Werkwoord: gaffel
Verlede tyd: het gegaffel
Betekenis:
• Om strooi, hooi of kaf te verplaas.
• Om met twee horings by te kom.
Gebruik:
• Die boer gaffel die strooi op 'n hoop.
• Die bul het die man gegaffel.
Vertaling:
Engels: to fork
Nederlands: vorken
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|