woonstelblok [boodskap #138425] |
Tue, 16 November 2021 08:39 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
woonstelblok
Afbreking: woon•stel•blok
Samestelling: woonstel + blok
Selfstandige naamwoord: woonstelblok
Meervoud: woonstelblokke
Verkleinwoord: woonstelblokkie
Meervoud van verkleining: woonstelblokkies
Betekenis:
• 'n Groot gebou wat afsonderlike woonstelle bevat.
Gebruik:
• Ek woon op die vyfde verdieping van die woonstelblok.
Sinoniem:
• woonstelgebou
Verwant:
• woonstelbewoner
• woonstelhuur
• woonstelhuurder
• woonstelmaat
• woonstelsoekery
• woonstelverhuurder
• tweevlakwoonstel
Vertaling:
Engels: apartment block
Nederlands: appartementencomplex, appartementsgebouw
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|