| dendriet [boodskap #138398] |
Sa., 13 November 2021 10:33 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24155 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
1=dendriete; 2=selliggaam; 3=selkern; 4= aksion.
dendriet
Afbreking: den•driet
Selfstandige naamwoord: dendriet
Meervoud: dendriete
Betekenis:
• Uitloper van 'n senuweesel (neuron) wat seine ontvang.
Gebruik:
• 'n Dendriet bring die impuls na die selliggaam in, wat dan deur die aksion aangestuur word.
Sinoniem:
• senuseltak
• senuweeseltak
Afgelei:
• dendrities
Vertaling:
Engels: dendrite
Nederlands: dendriet
Nota:
• Van Grieks: dendron, "boom".
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|