kisklere [boodskap #138375] |
Mon, 08 November 2021 19:59 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kisklere
Afbreking: kis•kle•re
Samestelling: kis + klere
Selfstandige naamwoord: –
Meervoud: kisklere
Verkleinwoord: –
Meervoud van verkleining: kiskleertjies
Betekenis:
• Iemand se beste klere, wat net na spesiale geleenthede gedra word.
Gebruik:
• Sondae gaan sy in haar kisklere kerk toe.
• Hy is in sy kisklere begrawe.
Sinoniem:
• Sondagklere
• uitgaanklere
Antoniem:
• draklere
Vertaling:
Engels: best clothes, Sunday-best
Nederlands: beste kleren
Nota:
• In die ou dae het mense hulle beste klere in 'n kis gebêre.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|