industrieel [boodskap #138367] |
Sun, 07 November 2021 16:01 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
industrieel
Afbreking: in•dus•tri•eel
Samestelling: industrie + -eel
Byvoeglike naamwoord: industrieel
Attributief: industriële
Betekenis:
• Wat die industrie (fabriekswese; nywerheid) betref.
Gebruik:
• Tuisgebakte brood is baie lekkerder as industrieel vervaardigde brood.
Afkorting:
• indust.
Vertaling:
Engels: industrial
Nederlands: industrieel
Selfstandige naamwoord: industrieel
Meervoud: industriële
Gebruik:
• Eienaar van 'n fabriek.
Gebruik:
• Hy is 'n industrieel van formaat.
Sinoniem:
• industrialis
Afgelei:
• grootindustrieel
Verwant:
• industrie
• industrialiseer
Vertaling:
Engels: industrialist, manufacturer
Nederlands: industrieel
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|