rustyd [boodskap #138363] |
Sun, 07 November 2021 09:24 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
rustyd
Afbreking: rus•tyd
Samestelling: rus + tyd
Selfstandige naamwoord: rustyd
Meervoud: rustye
Verkleinwoord: rustydjie
Meervoud van verkleining: rustydjies
Betekenis:
• Tyd waar daar ontspan en gerus word (van 'n kort pouse tot 'n lang vakansie).
• 'n Onderbreking in sportsoorte soos rugby, sokker, hokkie, netbal, ens.
Gebruik:
• Ons het die rustyd bitter nodig!
• Met rustyd was ons span 7-0 voor.
Sinoniem:
• blaaskans
• pouse
• reses
• ruskans
• ruspouse
• verposing
• halftyd
Vertaling:
Engels: break, interval; half-time
Nederlands: rusttijd
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|