bosberaad [boodskap #138355] |
Sat, 06 November 2021 11:07 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
bosberaad
Afbreking: bos•be•raad
Samestelling: bos + beraad
Selfstandige naamwoord: bosberaad
Meervoud: bosberade
Verkleinwoord: bosberaadjie
Meervoud van verkleining: bosberaadjies
Betekenis:
• Beraad wat buitemuurs in die natuur gehou word, meestal om 'n moeilike saak sonder onderbreking te besleg.
Gebruik:
• Die De Klerk-kabinet het 'n bosberaad gehou oor hoe 'n nuwe verenigde Suid-Afrika daar moes uitsien.
Sinoniem:
• indaba
• lekgotla
Vertaling:
Engels: bush conference
Nederlands: bosberaad
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|