Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » misplaas
misplaas [boodskap #138350] Thu, 04 November 2021 14:59
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21014
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
misplaas
Afbreking: mis•plaas
Samestelling: mis + plaas


Byvoeglike naamwoord: misplaas
Attributief: misplaaste

Betekenis:
• Wat nie by die situasie pas nie; ongepas is.

Gebruik:
• Jou misplaaste lojaliteit gaan jou suur bekom.

Sinoniem:
• onverstandig
• onvanpas
• ongepas

Afgelei:
• misplaastheid

Vertaling:
Engels: misplaced
Nederlands: misplaatst


Werkwoord: misplaas
Verlede tyd: het misplaas

Betekenis:
• Om iets op die verkeerde plek te sit sodat dit nie gevind kan word nie; verkeerd geliasseer; verlê.

Gebruik:
• Binnelandse Sake het my aansoek misplaas.

Afgelei:
• misplasing

Vertaling:
Engels: to misplace
Nederlands: misplaatsen, misleggen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: sugwater
Volgende onderwerp: leerlingraad
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Jan 10 16:02:22 UTC 2025