Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » lumier
lumier [boodskap #138348] Thu, 04 November 2021 11:27
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21014
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
Die lumier.
Die lumier.
lumier
Afbreking: lu•mier


Selfstandige naamwoord: lumier
Meervoud:

Betekenis:
• Die aanbreek van die nuwe dag; tyd net voor die sonsopkoms.

Gebruik:
• As die lumier aanbreek staan ek op en begin om vir die nuwe dag voor te berei.

Sinoniem:
• dagbreek
• daglumier
• daeraad
• ligdag
• môregloed
• môrelig
• môrestond
• oggendrooi
• rooidag

Vertaling:
Engels: break of day, dawn
Nederlands: dageraad, ochtendgloren


Werkwoord: lumier
Verlede tyd: het gelumier

Betekenis:
• Om lig te word as die son opkom.

Gebruik:
• Die voëls begin tjirp as die dag lumier.

Vertaling:
Engels: to break, dawn
Nederlands: lumier

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: domoor
Volgende onderwerp: sugwater
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Jan 10 15:31:07 UTC 2025