Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » korswel
korswel [boodskap #138346] Thu, 04 November 2021 10:35
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21014
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
korswel
Afbreking: kors•wel


Werkwoord: korswel
Verlede tyd: het gekorswel

Betekenis:
• (ongewoon) Om 'n grap te maak; te spot of te skerts.

Gebruik:
• Die komediant korswel met sy gehoor en het 'n antwoord op alles.

Wisselvorm:
• korswil

Sinoniem:
• gekskeer
• grap
• jil
• skerts
• speel
• spot
• terg

Vertaling:
Engels: to banter, jest, joke
Nederlands: gekscheren, spotten


Selfstandige naamwoord: korswel
Meervoud:

Betekenis:
• 'n Grapmakery; geskerts; tergery.

Gebruik:
• Moenie kwaad word nie, hy doen dit uit korswel.

Vertaling:
Engels: waggery
Nederlands: kortswijl

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: ruig
Volgende onderwerp: domoor
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Jan 10 15:42:18 UTC 2025