begewe [boodskap #138335] |
Wed, 03 November 2021 06:00 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
begewe
Afbreking: be•ge•we
Werkwoord: begewe
Verlede tyd: het begewe
Betekenis:
• Om by iets betrokke te raak; jou vir iets inlaat.
• Om na 'n plek te beweeg.
• Om te verlaat; in die steek laat.
Gebruik:
• Jy begewe jou nou op gevaarlike terrein!
• Dis tyd dat ek myself huiswaarts begewe.
• My moed het my begewe.
Wisselvorm:
• begeef
Sinoniem:
• blootstel
• gaan
• onderneem
• verlaat
• waag
Vertaling:
Engels: to get involved in; to go, move towards; to forsake, leave, dispose of, abandon
Nederlands: begeven
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|