witbroodjie [boodskap #138328] |
Mon, 01 November 2021 12:10 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
witbroodjie
Afbreking: wit•brood•jie
Samestelling: wit + brood + -jie
Selfstandige naamwoord: witbroodjie
Meervoud: witbroodjies
Betekenis:
• (figuurlik) Iemand wat voorgetrek en bo ander begunstig word.
Gebruik:
• Sy was nog altyd haar pa se witbroodjie.
Sinoniem:
• gunsteling
• troetelkind
• uitverkorene
Antoniem:
• swartskaap
Vertaling:
Engels: favourite, blue-eyed boy, teacher's pet
Nederlands: witbroodje
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|