Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Hygromans
Hygromans [boodskap #15433] |
Mon, 01 June 1998 00:00 |
G.B.
Boodskappe: 2173 Geregistreer: May 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Die ander dag tel ek 'n Mills en Boon boek op in
die bibliotekie by ons woonstel se laundromat.
Ek wou my geheue verfris oor wat die "Harlequins"
(soos ons hulle hier in Kanada noem) se kwaliteit
is. Ek het die spesifieke een gekies omdat die naam
daarvan "Sunset at Izilwane" was en ek dus geraai het
dat dit in Afrika afspeel. Toe ek dit so plek-plek lees
om die storie-lyn te volg, toe sien ek dit praat ook van
Tzaneen! Toe dink ek aan Henri Burger.
Maar dit nou daargelaat. My man sê toe vir my hy
dink ek maak 'n fout om te dink dat Harlequins "hyg-
romans" is. Hy dink dat as hulle van hygromans praat
in Suid-Afrika, dan bedoel hulle baie meer eksplisiet-
seksuele geskrywery wat aan pornografie grens liewer
as bloot erotiese letterkunde. Ek het gedink oor wat hy
sê en hom uiteindelik gesê ek dink hy is reg.
Ek kan egter nie glo dat 'n mens soos Griet, wat sê
sy is 'n sosioloog, pornografiese geskrywery bedryf nie.
Miskien is die term "hygroman" iets vreemds vir my?
Wil iemand vir my verduidelik wat 'n hygroman is?
Ek kan ook nie glo dat wat Griet op die nuusgroep
gepos het, enigsins bedoel was om mense seksueel opge-
wonde te maak nie. Vind mense hierdie soort geskryf
seksueel stimulerend? Vir my was dit nie eens baie snaaks
nie. Nee wat, ek sê nog altyd, gee vir my Flaubert en
Balzac en Henry James en Charles Herman Bosman en
'n paar van dié snare en hou julle hygromans, wat dit
ook al is.
Gloudina
|
|
|
Re: Hygromans [boodskap #15434 is 'n antwoord op boodskap #15433] |
Mon, 01 June 1998 00:00 |
nomad
Boodskappe: 37 Geregistreer: May 1998
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
> Nee wat, ek sê nog altyd, gee vir my Flaubert en
> Balzac en Henry James en Charles Herman Bosman en
> 'n paar van dié snare en hou julle hygromans, wat dit
> ook al is.
>
> Gloudina
>
Ek dog jy's getroud?
|
|
|
Re: Hygromans [boodskap #15470 is 'n antwoord op boodskap #15433] |
Tue, 02 June 1998 00:00 |
M.Kruger
Boodskappe: 91 Geregistreer: March 1997
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
@igs.net wrote in article ...
>
> Maar dit nou daargelaat. My man sê toe vir my hy
> dink ek maak 'n fout om te dink dat Harlequins "hyg-
> romans" is. Hy dink dat as hulle van hygromans praat
> in Suid-Afrika, dan bedoel hulle baie meer eksplisiet-
> seksuele geskrywery wat aan pornografie grens liewer
> as bloot erotiese letterkunde. Ek het gedink oor wat hy
> sê en hom uiteindelik gesê ek dink hy is reg.
Hyg romans is inderdaad die Afrikaanse ekwivalent van Mills en Boons en
Harlequin.
> Ek kan egter nie glo dat 'n mens soos Griet, wat sê
> sy is 'n sosioloog, pornografiese geskrywery bedryf nie.
Ek het voorheen al vir jou verduidelik dat die lewe in kompartemente
ingedeel is. So is Henri nie 'n leeglêer wat heeldag by hardekool vure sit
nie; so was Thomas Baines nie net ingenieur nie maar ook skilder, ens. Ek
beskou myself nie as 'n bekroonde skrywer nie. Hou net van goeie stories
en skryf dit als neer as kontrei/streek vertellinge.
> Miskien is die term "hygroman" iets vreemds vir my?
> Wil iemand vir my verduidelik wat 'n hygroman is?
Dit is tans die top-verkoper boeke in Afrikaans, soos Henri tereg vermeld
het.
> Ek kan ook nie glo dat wat Griet op die nuusgroep
> gepos het, enigsins bedoel was om mense seksueel opge-
> wonde te maak nie. Vind mense hierdie soort geskryf
> seksueel stimulerend? Vir my was dit nie eens baie snaaks
> nie.
Die stoepstories is inderdaad nie as pornografie, hygroman, formikering, of
seksuele stimulis bedoel nie. Dit kan beskou word as " streek vertelling
wat telkens uit die plattelandse wereld spring....en in die verlede selfs
aangesluit het by eksistensiële filosofie. Binne die partikulêre
streeksmilieu" - ontleen aan 'n resensie van Abraham H de Vries se boek:
"Skaduwee tussen skaduwees"
In hierdie genre word nog skrywers soos Jan Spies, Kerneels Breytenbach,
Sue van Waart en vele meer aangetref. Ek kan nie nou almal onthou nie.
Onlangs het baie sulke vertellinge verskyn oor Hentiesbaai en sy mense,
ens. Tolla se stories wat aansluit by die Spies en Plessis-tv program,
asook die meer onlangse program "Maak 'n las" val almal binne hierdie
genre. Antjie Krog se ma, Dot Serfontein, het graag oor haar wêreld (
Kroonstad) en sy mense geskryf.
Die Stoepstorie vertelling demonstreer ook 'n ander nuwe verskynsel in
Afrikaans, en ek haal hier vir jou aan uit 'n resensie oor Kaapse
Straatpraatjies", waarvan Mohammed Adhikari die redakteur is:
"Afgesien van die sosio-poltieke kommentaar is dit eintlik die
Praatafrikaans van die rubriek wat 'n mens boei. Dit weerspieël 'n
taal-atmosfeer wat juis nou vir die leser van belang is, dit gee iets weer
van 'n stuk Afrikaans wat alte gemaklik in die verlede afgemaak is of
Afrikaans wat as nie-standaard geïgnoreer kon word."
Ander aspekte wat met Stoepstories bedoel is, is dat daar 'n magtige klomp
vroue nou in Afrikaans skryf oor alle norme en waardes van die samelewing.
Voorbeelde:
1)Dalene Mathee: Susters van Eva, die Bos-trilogie ( Kringe in 'n bos,
Moerbeibos; Fiela se kind)
2)Maritha van der Vyver: Griet skryf 'n Sprokie, Die dinge van 'n Kind;
3)Marlene van Niekerk: Triomf;
4)Maretha Maartens: Ruitevrou;
5)E.K.M.Dido: Rugdraai en Stilbly, ( eerste bruinvroue skryfster in
Afrikaans. baie opwindend.) Haar tweede roman verskyn nou binnekort.
6)Rachelle Greeff: Al die windrigtings van my wêreld; sy het ook die
bundel" Dogters van Afrika" saamgestel.
7)Rika Celliers: Spirakel;
8)Lettie Viljoen: Landskap met vroue en slang;
9)Hannie Maritz: Tien blou krale en drie lemoene;
10) Jeanne Goosen;
Ek wens ek kon vir jou meer opnoem. Daar is 'n opwindende klomp boeke
beskikbaar, maar ek kan nie almal onthou nie, en het ook nie almal gelees
nie.
Ten slotte: Moenie vir my stout dinge leer nie ( jou en Bill Clinton se
dinge) ek was onder die ondruk 'n blowjob is 'n drankie. Gloudina, en nou
wil jy voorgee ek is die stoute een : - )
Nee wat, ek sê nog altyd, gee vir my Flaubert en
> Balzac en Henry James en Charles Herman Bosman en
> 'n paar van dié snare en hou julle hygromans, wat dit
> ook al is.
Ja ek stem saam, ek lees liewer die bostaande as 'n hygroman. Terloops, 'n
verstommende aantal letterkunde skrywers skryf onder skuilname hygromans.
Groetnis hoor.
|
|
|
Re: Hygromans [boodskap #15509 is 'n antwoord op boodskap #15433] |
Wed, 03 June 1998 00:00 |

Madame de Bovery ( die Franse weergawe) is die naaste wat ek ooit aan
Flaubert gekom het.Groetnis hoor.
|
|
|
Re: Hygromans [boodskap #15511 is 'n antwoord op boodskap #15433] |

Madame de Bovary ( die Franse weergawe) is die naaste wat ek aan Flaubert
gekom het.
Groetnis hoor.
--
sand...@global.co.za
|
|
|
Re: Hygromans [boodskap #15539 is 'n antwoord op boodskap #15433] |
Thu, 04 June 1998 00:00 |
G.B.
Boodskappe: 2173 Geregistreer: May 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Griet" writes:
> Hyg romans is inderdaad die Afrikaanse ekwivalent van Mills en Boons en
> Harlequin.
...en in die verlede
selfs
> aangesluit het by eksistensiële filosofie.
Ek kan nie glo dat iemand hierdie opmerking
kan kwytraak nie. Of is Sartre se romans nou
ook hygromans?
Kerneels
> Breytenbach,
Die bietjie wat ek van hom gelees het, was baie
steriel. En 'n poging om cute te wees. Cuteness
het nog nooit goeie kuns veroorsaak nie.
>
> Die Stoepstorie vertelling demonstreer ook 'n ander nuwe verskynsel in
> Afrikaans, en ek haal hier vir jou aan uit 'n resensie oor Kaapse
> Straatpraatjies", waarvan Mohammed Adhikari die redakteur is:
>
> "Afgesien van die sosio-poltieke kommentaar is dit eintlik die
> Praatafrikaans van die rubriek wat 'n mens boei. Dit weerspieël 'n
> taal-atmosfeer wat juis nou vir die leser van belang is, dit gee iets weer
> van 'n stuk Afrikaans wat alte gemaklik in die verlede afgemaak is of
> Afrikaans wat as nie-standaard geïgnoreer kon word."
Ek sou dink dat as daar werklik 'n toename van
skryf in Afrikaans is omdat mense nou toegelaat
word om meer dinge eerliker te sê, dan is dit
'n aanwins. Maar 'n mens hoop dat dit alles
kwaliteit is. Want anders sal dit ongelukkig
lei daarna dat meer mense maar vir elke Afrikaanse
boek wat hulle lees vyf Engelse boeke lees.
Gloudina
|
|
|
Re: Hygromans [boodskap #15794 is 'n antwoord op boodskap #15433] |
Sat, 13 June 1998 00:00 |
M.Kruger
Boodskappe: 91 Geregistreer: March 1997
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
@igs.net wrote in article ...
> "Griet" writes:
>
>> Hyg romans is inderdaad die Afrikaanse ekwivalent van Mills en Boons en
>> Harlequin.
>> ...en in die verlede selfs aangesluit het by eksistensiële filosofie.
>
> Ek kan nie glo dat iemand hierdie opmerking
> kan kwytraak nie. Of is Sartre se romans nou
> ook hygromans?
> Kerneels Breytenbach,
> Die bietjie wat ek van hom gelees het, was baie
> steriel. En 'n poging om cute te wees. Cuteness
> het nog nooit goeie kuns veroorsaak nie.
Nou's ons skoon in die filosifie in, en dit net omdat Gloudina nie 'n
onderskeid kan tref tussen 'n hygroman en 'n streekvertelling nie. Voor ons
arme Sartre nou as hygromanskrywer kroon, net 'n regstelling.
Kerneels Breytenbach skryf nie hygromans nie, Gloudina. Hy skryf, onder
andere 'n vorm van streekvertelling. Ek stem saam met jou dat Kerneels 'n
bietjie lig in die broek is, en probeer "cute" wees. Kerneelsie en sy
manewalisse op papier is egter nie hier van toepassing nie.
Die resensie wat handel oor die streekvertelling as eksistensiële
filosofie, het niks met hygromans te doen nie. Gloudina het nou weer nie
haar pille gedrink nie, en steek nou by fornikasie vas.
Filosofie + Eksistensialisme + Jean Paul Sartre = die subjektiewe studie
van die mens in sy omgewing.
Filosofie = ondersoeking, spekulasie, studie,ens.
Eksistensialisme = ( 20 e eeuse filosofie) Vertrekpunt was die mens in sy
natuurlike omgewing
Friederich Nietsche, die Duitse filosoof het die lewe self as onderwerp van
studie gedoen, as teenwig teen die anemiese belangstelling in die
geskiedenis van die mens, en die Christen filosowe se "slaaf moraliteit"
Volgens hom het die tradisionele- en Christenfilosowe weg beweeg van die
werklikheid, en gekonsentreer op die "Hemele" en "die wereld van idees".
Wat hulle as die werklikheid beskou het, volgens hom, was eintlik 'n
pseudo-werklikheid.
Sartre, wat onder andere deur Nietsche beïnvloed was, het die standpunt
gehuldig dat eksistensialisme niks anders as humanisme is nie. Dit in 'n
neutedop.
M.a.w. Gloudina. Streek vertellinge, gebaseer in eksistensiële filosofie
beteken dus maar net dat die stories 'n subjektiewe ondersoeking van die
menslike gedrag in sy natuurlike omgewing is. Die streekvertellng is ook
gegrond op werklike gebeure, wat dit onderskei van ander vertellinge soos
P.G. Du Plessis se Koöperasie-stories wat die werklikheid in fiksie vorm
weergee. Daar is 'n verskil.
Streekvertellings is dus 'n subjektiewe ( Humanitêre) vertelling van
werklike gebeure oor die mens in sy omgewing. Dit is dus eksistensiële
filosofie in storie vorm. Baie belangrik. Die resensie is dus geregverdig,
wat streekvertellinge aanbetref..
Dit maak nie van Sartre 'n hygromanskrywer nie.
Om te sê dat Jean Paul Satre nou 'n hygromanskrywers is, is om Tolla
v.d.Merwe se storie oor 'n kroegman se idee van logika na te volg:
As 'n man 'n visstenk het, is hy lief vir diere;
As hy lief is vir diere, is hy lief vir kinders;
As hy lief is vir kinders, is hy lief vir vrouens;
Ma.w. as 'n man nie 'n visstenk het nie is hy 'n moffie.
Arme Jean Paul Sartre.
Lekker dag vir jou.
>
>
>>
>> Die Stoepstorie vertelling demonstreer ook 'n ander nuwe verskynsel in
>> Afrikaans, en ek haal hier vir jou aan uit 'n resensie oor Kaapse
>> Straatpraatjies", waarvan Mohammed Adhikari die redakteur is:
>>
>> "Afgesien van die sosio-poltieke kommentaar is dit eintlik die
>> Praatafrikaans van die rubriek wat 'n mens boei. Dit weerspieël 'n
>> taal-atmosfeer wat juis nou vir die leser van belang is, dit gee iets weer
>> van 'n stuk Afrikaans wat alte gemaklik in die verlede afgemaak is of
>> Afrikaans wat as nie-standaard geïgnoreer kon word."
>
>
> Ek sou dink dat as daar werklik 'n toename van
> skryf in Afrikaans is omdat mense nou toegelaat
> word om meer dinge eerliker te sê, dan is dit
> 'n aanwins. Maar 'n mens hoop dat dit alles
> kwaliteit is. Want anders sal dit ongelukkig
> lei daarna dat meer mense maar vir elke Afrikaanse
> boek wat hulle lees vyf Engelse boeke lees.
>
> Gloudina
>
|
|
|
|
|
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [ ]
Tyd nou: Mon Dec 23 10:37:02 UTC 2024
|