Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » spatsel
spatsel [boodskap #138302] Tue, 26 October 2021 19:37
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21014
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
spatsel
Afbreking: spat•sel
Samestelling: spat + -sel


Selfstandige naamwoord: spatsel
Meervoud: spatsels
Verkleinwoord: spatseltjie
Meervoud van verkleining: spatseltjies

Betekenis:
• 'n Kolletjie waar 'n vloeistof gespat/gemors het.
• (figuurlik) 'n Klein bietjie van iets; 'n druppel.

Gebruik:
• Daar is 'n spatsel modder op jou skoen.
• Braai die ui saam met 'n spatsel olyfolie oor matige hitte.

Sinoniem:
• blerts
• druppel
• klad
• kol
• merk
• smeersel
• spatplek
• vlek

Hiponiem:
• bloedspatsel
• modderspatsel
• spoegspatsel
• verfspatsel

Afgelei:
• spatselvlek

Vertaling:
Engels: splash, spatter
Nederlands: spat

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: verfspatsel
Volgende onderwerp: kwaaddoen
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Jan 10 16:13:44 UTC 2025