tug [boodskap #138298] |
Tue, 26 October 2021 14:43 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
tug
Afbreking: tug
Werkwoord: tug
Verlede tyd: het getug
Betekenis:
• Om te bestraf; slae gee; dissiplineer.
Gebruik:
• Tug jou kinders met liefde.
Afgelei:
• tugtig
Vertaling:
Engels: to punish, chastise, discipline
Nederlands: tuchtigen
Selfstandige naamwoord: tug
Meervoud: –
Betekenis:
• 'n Bestel wat dissipline, gehoorsaamheid en orde vereis.
• Strafmaatreëls om dissipline te handhaaf.
Gebruik:
• Die monnike en nonne staan onder streng kerklike tug.
• Dit is soms nodig om tug toe te pas om die afgedwaaldes op die regte pad te kry.
Sinoniem:
• berisping
• bestraffing
• kastyding
• teregwysing
• vermaning
Afgelei:
• kerktug
• tughuis
• tugkode
• tugkomitee
• tugmaatreël
• tugmeester
• tugmiddel
• tugordinansie
• tugproses
• tugregulasie
• tugroede
• tugsaak
• tugskool
• tugstap
• tugteloos
• tugverhoor
Vertaling:
Engels: order, correction, discipline; punishment
Nederlands: tucht
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|