verleentheid [boodskap #138292] |
Tue, 26 October 2021 11:43 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
verleentheid
Afbreking: ver•leent•heid
Samestelling: verleë + -heid
Selfstandige naamwoord: verleentheid
Meervoud: verleenthede
Verkleinwoord: verleentheidjie
Meervoud van verkleining: verleentheidjies
Betekenis:
• Onaangename gevoel as 'n mens skaam en verleë is oor iets.
Gebruik:
• Vermy so 'n verleentheid by elke geleentheid.
• Kinders het 'n manier om hul ouers van tyd tot tyd in die verleentheid te stel.
Sinoniem:
• kommer
• moeilikheid
• onbeholpenheid
• ongemak
• ongemaklikheid
• penarie
• selfbewustheid
• skaamheid
• skaamte
• skandaal
• skugterheid
• verknorsing
• vernedering
Vertaling:
Engels: embarrassment, bashfulness, shyness
Nederlands: verlegenheid
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|