onmin [boodskap #138291] |
Mon, 25 October 2021 19:39 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
onmin
Afbreking: on•min
Samestelling: on- + min
Selfstandige naamwoord: onmin
Meervoud: –
Betekenis:
• 'n Wedersydse gevoel van onenigheid; vertroebelde verhouding; slegte verstandhouding.
Gebruik:
• Die hond se ontydige geblaf het groot onmin tussen die bure veroorsaak.
Spreekwoord:
• Wie onmin saai sal woede maai. ['n Mens kry wat jy soek; saai eerder liefde.]
Sinoniem:
• haaksheid
• konflik
• onenigheid
• ontevredenheid
• stryery
• tweedrag
• tweespalt
• twis
Vertaling:
Engels: conflict, disagreement, falling out
Nederlands: onmin
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|