boekmerk [boodskap #138290] |
Mon, 25 October 2021 18:49 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
boekmerk
Afbreking: boek•merk
Samestelling: boek + merk
Selfstandige naamwoord: boekmerk
Meervoud: boekmerke
Verkleinwoord: boekmerkie
Meervoud van verkleining: boekmerkies
Betekenis:
• Strook karton, leer of materiaal om plek in 'n boek te hou.
• Skakel na 'n webbladsy wat vir latere gebruik gestoor is.
Gebruik:
• Sy het 'n mooi boekmerk as geskenk ontvang.
• Ek het al my boekmerke saam met my hardeskyf verloor.
Sinoniem:
• bladwyser
• leeswyser
• plekbepaler
• plekhouer
• plekwyser
Vertaling:
Engels: book mark
Nederlands: bladwijzer
Werkwoord: boekmerk
Verlede tyd: het geboekmerk
Betekenis:
• Om 'n bladsy in 'n boek of op die internet te merk, sodat 'n mens later daarheen kan terugkeer.
Gebruik:
• Hierdie is 'n goeie webtuiste om te boekmerk.
Vertaling:
Engels: to bookmark
Nederlands: bookmarken
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|