nasaat [boodskap #138284] |
Sun, 24 October 2021 19:53 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
nasaat
Afbreking: na•saat
Samestelling: na + saat
Selfstandige naamwoord: nasaat
Meervoud: nasate
Verkleinwoord: nasaatjie
Meervoud van verkleining: nasaatjies
Betekenis:
• Iemand met 'n spesifieke voorouer of voorouers.
Gebruik:
• Hy is 'n verre nasaat van Paul Kruger.
Sinoniem:
• afstammeling
• erfgenaam
• kind
• kroos
• mensekind
• nageslag
• nakomeling
• opvolger
• spruit
Antoniem:
• voorsaat
Vertaling:
Engels: descendant, offspring, successor
Nederlands: nazaat
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|