beeswagter [boodskap #138280] |
Sat, 23 October 2021 11:45 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
beeswagter
Afbreking: bees•wag•ter
Samestelling: bees + wagter
Selfstandige naamwoord: beeswagter
Meervoud: beeswagters
Verkleinwoord: beeswagtertjie
Meervoud van verkleining: beeswagtertjies
Betekenis:
• Persoon (meestal te perd) wat beeste oppas en/of aanjaag.
Gebruik:
• Die beeswagter jaag die beeste elke oggend veld toe.
Sinoniem:
• beesoppasser
Verwant:
• boswagter
• skaapwagter
• veewagter
• veldwagter
Vertaling:
Engels: cowboy, stockrider, cow-puncher
Nederlands: koewachter, koejongen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|