grootdoenerig [boodskap #138275] |
Fri, 22 October 2021 15:10 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
grootdoenerig
Afbreking: groot•doe•ne•rig
Samestelling: groot + doen + -erig
Byvoeglike naamwoord: grootdoenerig
Vergrotende trap: grootdoeneriger
Oortreffende trap: grootdoenerigste
Attributief: grootdoenerige
Betekenis:
• Wat graag spog en 'n vertoon maak.
Gebruik:
• Die man is beroemd, bekroon en betitel, maar hy is plat of die grond en daar is niks grootdoenerig aan hom nie.
Sinoniem:
• aanmatigend
• baasspelerig
• oordrewe
• pronkerig
• spoggerig
• vertonerig
• windmakerig
Antoniem:
• nederig
Afgelei:
• grootdoenerigheid
Vertaling:
Engels: pompous
Nederlands: opschepperig
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|