kinderlik [boodskap #138247] |
Mon, 18 October 2021 13:50 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kinderlik
Afbreking: kin•der•lik
Samestelling: kind(er) + -lik
Byvoeglike naamwoord: kinderlik
Vergrotende trap: kinderliker
Oortreffende trap: kinderlikste
Attributief: kinderlike
Partitief: kinderliks
Betekenis:
• Ooreenkomstig die aard van 'n kind; soos 'n kind in opregtheid, onskuld, eenvoud en geloof.
Gebruik:
• Raak jy nog kinderlik opgewonde as jy 'n geskenk ontvang?
Sinoniem:
• argeloos
• jonk
• kinds
• naïef
• onbevange
• onskuldig
• opreg
Afgelei:
• kinderlikheid
Vertaling:
Engels: childlike, innocent
Nederlands: kinderlijk
Nota:
• Moenie "kinderlik" (positiewe konteks) met "kinderagtig" (negatiewe konteks) verwar nie. Dit is lelik as 'n grootmens hom kinderagtig gedra, maar dit is goed om kinderlik en nederig te wees.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|