kinderagtig [boodskap #138246] |
Mon, 18 October 2021 12:51 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kinderagtig
Afbreking: kin•der•ag•tig
Samestelling: kind(er) + -agtig
Byvoeglike naamwoord: kinderagtig
Vergrotende trap: kinderagtiger
Oortreffende trap: kinderagtigste
Attributief: kinderagtige
Partitief: kinderagtigs
Betekenis:
• Op 'n onvolwasse manier, waar beter verwag word (negatiewe konteks).
Gebruik:
• Kan jy glo dat grootmense so kinderagtig kan wees?
Sinoniem:
• amateuragtig
• halfwas
• impulsief
• infantiel
• kleinlik
• laf
• ligsinnig
• naïef
• pueriel
• onnadenkend
• onoordeelkundig
• onverstandig
• onvolwasse
• oppervlakkig
• verspot
Afgelei:
• kinderagtigheid
Vertaling:
Engels: childish, childishly
Nederlands: kinderachtig
Nota:
• Moenie "kinderagtig" (negatiewe konteks) met "kinderlik" (positiewe konteks) verwar nie. Dit is mooi om nederig en kinderlik te wees, maar dis lelik as 'n grootmens hom kinderagtig gedra.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|