Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » spektrum
spektrum [boodskap #138244] Mon, 18 October 2021 10:15
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21014
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
Die sigbare spektrum van lig.
Die sigbare spektrum van lig.
spektrum
Afbreking: spek•trum


Selfstandige naamwoord: spektrum
Meervoud: spektrums, spektra

Betekenis:
• Band van kleure wat deur ligbreking ontstaan (soos met 'n prisma); kleurebeeld; kleurreeks.
• (figuurlik) Aaneengeskakelde reeks of opeenvolging van sake.

Gebruik:
• 'n Reënboog bestaan uit 'n spektrum van rooi, oranje, geel, groen, blou, indigo en violet.
• Die party is aan die linkerkant van die politieke spektrum.

Afgelei:
• absorpsiespektrum
• diffraksiespektrum
• frekwensiespektrum
• kleurspektrum
• ligspektrum

Vertaling:
Engels: spectrum
Nederlands: spectrum

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: onderliggend
Volgende onderwerp: hondekos
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Jan 10 16:21:38 UTC 2025