onderliggend [boodskap #138243] |
Mon, 18 October 2021 08:40 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
onderliggend
Afbreking: on•der•lig•gend
Samestelling: onder + liggend
Byvoeglike naamwoord: onderliggend
Attributief: onderliggende
Betekenis:
• Wat onder lê, meestal figuurlik, wat as basis of grondslag dien.
Gebruik:
• Mense met onderliggende siektes (soos diabetes) het 'n groter kans om die virus op te doen.
Sinoniem:
• basies
• diepliggend
• elementêr
• fundamenteel
• grondliggend
• grondslagvormend
• onderhewig
• vestigiaal
Vertaling:
Engels: underlying
Nederlands: onderliggend
Nota:
• Onvoltooide deelwoord van onderlê (Nederlands: onderliggen).
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|