Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kakie
kakie [boodskap #138239] Sun, 17 October 2021 11:35
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21014
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
Kakie uniform.
Kakie uniform.
kakie
Afbreking: ka•kie


Selfstandige naamwoord: kakie
Meervoud: kakies
Verkleinwoord: kakie
Meervoud van verkleining: kakie

Betekenis:
• 'n Dowwe, geelbruin kleur, of materiaal met so 'n aardse kleur.
• 'n Engelse soldaat, of by uitbreiding, 'n Engelsman.

Gebruik:
• Gekamoefleerde uniforms word van kakie gemaak.
• Ek was so bang dat die Kakies my sou vang en ver oor die see wegstuur. [Sarie Marais]

Sinoniem:
• dofgeelbruin
• vaalbruin
• rooinek
• tommie

Afgelei:
• kakieagtig
• kakiebaadjie
• kakiebos
• kakiebroek
• kakiedrag
• kakiegrys
• kakiehemp
• kakiekleur
• kakiestof
• kakieuniform

Vertaling:
Engels: khaki; tommy
Nederlands: kaki

Nota:
• Ook dikwels as byvoeglike naamwoord, bv: "Die soldaat dra 'n kakie hemp".

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: vermeng
Volgende onderwerp: tarief
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Jan 10 16:19:31 UTC 2025