siersteen [boodskap #138212] |
Wed, 13 October 2021 15:42 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
siersteen
Afbreking: sier•steen
Samestelling: sier + steen
Selfstandige naamwoord: siersteen
Meervoud: sierstene
Verkleinwoord: siersteentjie
Meervoud van verkleining: siersteentjies
Betekenis:
• 'n Mooi soort baksteen; klinker; klinkersteen.
• 'n Juweel of sieraad van steen; edel- of halfedelsteen.
Gebruik:
• Die huis se buitemure is met siersteen gebou en hoef dus nie gepleister en geverf te word nie.
• Die ring is met sierstene versier.
Afgelei:
• siersteenhuis
Vertaling:
Engels: ornamental stone
Nederlands: siersteen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|