sertifikaat [boodskap #138203 ]
Tue, 12 October 2021 13:23
Leksikograaf
Boodskappe: 21014Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Sertifikaat.
sertifikaat
Afbreking: ser•ti•fi•kaat
Selfstandige naamwoord: sertifikaat
Meervoud: sertifikate
Verkleinwoord: sertifikaatjie
Meervoud van verkleining: sertifikaatjies
Betekenis:
• 'n Papier wat iets sertifiseer; skriftelike bewys.
Gebruik:
• Naskoolse opleiding – 'n sertifikaat , diploma of graad – is nie 'n waarborg vir indiensneming nie, maar sal jou kans op indiensneming dramaties verhoog.
Sinoniem:
• bewysdokument
Hiponiem:
• aandelesertifikaat
• belastingsertifikaat
• bonussertifikaat
• doodsertifikaat
• geboortesertifikaat
• huweliksertifikaat
• matrieksertifikaat
• padwaardigheidssertifikaat
• skietsertifikaat
Afgelei:
• sertifikaateksamen
• sertifikaatkursus
• sertifikaatnajaery
Afkorting:
• sert.
Vertaling:
Engels: certificate
Nederlands: certificaat
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.