bemiddeling [boodskap #138199] |
Tue, 12 October 2021 07:49 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
bemiddeling
Afbreking: be•mid•de•ling
Samestelling: bemiddel + -ing
Selfstandige naamwoord: bemiddeling
Meervoud: bemiddelings
Betekenis:
• Die handeling van bemiddel; tussenbeide tree om te help.
Gebruik:
• Die arbeidsgeskil is na die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) verwys.
Sinoniem:
• arbitrasie
• beslegting
• intersessie
• konsultasie
• mediasie
• tussenkoms
• versoening
• voorspraak
Afgelei:
• bemiddelingskomitee
• bemiddelingsvoorstel
Vertaling:
Engels: mediation, intercession
Nederlands: bemiddeling
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|