faksmasjien [boodskap #138193 ]
Mon, 11 October 2021 17:38
Leksikograaf
Boodskappe: 21014Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Faksmasjien.
faksmasjien
Afbreking: faks•ma•sjien
Samestelling: faks + masjien
Selfstandige naamwoord: faksmasjien
Meervoud: faksmasjiene
Verkleinwoord: faksmasjientjie
Meervoud van verkleining: faksmasjientjies
Betekenis:
• (histories ) Toestel wat dokumente opties inskandeer en per telefoonlyn aan 'n ontvanger stuur, waar dit op 'n soortgelyke toestel uitgedruk word.
Gebruik:
• Jammer, ons faksmasjien het gebreek.
Vertaling:
Engels: fax machine
Nederlands: faxtoestel
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.